Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekelsteke

Leer Hekel


Die Beginknoop





Kettingsteek [Afkorting = ks]






Dus 'n kettingsteek is: slaan draad om pen en trek deur lus = 1ks voltooi. Slaan draad om pen en trek deur lus  = 1ks voltooi  [altesaam 2ks voltooi] Dit is hoe die kettingsteek dan gemaak word.

 Hierdie is 'n kettingsteek strook. Verwys hierna wanneer steke gewerk word.


 Die kortbeen is die kortste steek en die eerste steek word dus in die 2e kettingsteek vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 8.

Die halwe langbeen is effens langer en word in die 3e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 7.

Die langbeen is nog langer en word in die 4e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 6. 

Kortbeen [Afkorting = kb]














 Halwe Langbeen [Afkorting = hlb]

Vir diegene wat swaar lees bo-oor die foto bo lees asseblief hier: 
Halwe langbeen stap 1:
Slaan draad om pen en steek hekelpen in die derde kettingsteek vanaf pen. 
Wanneer jy in 'n hekelpatroon 'n halwe langbeen moet maak sal jy die hekelpen in die verlangde steek soos aangedui in patroon is steek maar omdat jy nou met 'n kettingsteek strook werk word dit in die derde kettingsteek gedoen in die begin.

Slaan draad weer oor pen en trek draad deur steek. [3 lusse op pen]


Slaan draad weer om pen en trek deur al 3 lusse. [1lus bly oor]
Dit voltooi die halwe langbeen.



 Langbeen [Afkorting = lb]















Dubbelslag langbeen [Afkorting = dslb]



Haak draad en trek deur kettingsteek. [4 lusse op pen]






'n Dubbelslag langbeen is langer as 'n langbeen

Drieslag langbeen [Afkorting = Drieslaglb]

Die drieslag langbeen word presies soos die dubbelslag langbeen gemaak met slegs een verskil. Die draad word 3 keer om die pen geslaan voordat daar in die steek gewerk word. Lusse word altyd twee-twee afgewerk. 



Opsomming van die steke wat in die boonste afdeling behandel is.

In die foto onder kan gesien word hoe die verskillende steke vertoon. Merk dat die kortbeen die kortste steek is en die drieslag die langste. Aan die regterkant van elke ry op die foto is die aantal kettingsteke wat as plaasvervanger gebruik word aan die begin van elke nuwe ry vir daardie spesifieke steek. 




Waar presies word hekelpen deurgesteek? Lees meer hier.


Hoe word 2 langbene saam afgewerk of ook genoem saam afgeheg?


In die foto links is daar begin met 'n kettingsteek ring. Nadat die ring geheg is is daar   3 kettingsteke gewerk en daarna 1 langbeen  met 2 kettingsteke na die langbeen. 

Nou gaan daar begin word om 2 langbene saam af te werk. Gaan soos volg te werk. 

Slaan draad om pen,steek pen van voor deur ring, slaan draad om pen en trek draad deur ring. [3 lusse op pen] Slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is 2 lusse oor op pen]




Slaan draad weer om pen en steek pen deur ring, haak die draad en trek deur ring [daar is nou 4 lusse op pen]; slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is nou 3 lusse oor op pen]











Slaan draad nou om pen en trek deur al 3 die oorblywende lusse. 


Meer steke asook verskillende steek kombinasies sal mettertyd opgelaai word en sal op Facebook aangekondig word.



Lekker hekel! 





16 comments:

  1. Hi daar
    Se my as mens fillt hekelwerk doen, hoe maak mens n trossie steek?
    Asb en dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anonymous. Stuur asseblief jou epos adres aan deur jou besonderhede in te vul op die 'kontak my' vorm sodat ek vir jou meer informasie hieroor kan stuur. Moet asseblief nie jou adres hier los nie maar stuur dit privaat deur na my.
      Dankie
      Monica :)

      Delete
  2. Hi Monica, dis 'n wonderlike site en propvol idees, baie dankie! My ma het altyd gehekel of gebrei, sy het my geleer maar ek is so bly ek kon die gedeelte van die hekelsteke kry, was nooit seker oor hoe om die steke te maak nie.

    Baie dankie,
    Ronelle

    ReplyDelete
  3. Dankie vir die boodskap Ronelle. Bly ek kon help. :)

    ReplyDelete
  4. More Monica.Eks baie dankbaar vir jou blad.Dis propvol heerlike idees! Ek het myself leer hekel so ek is nie aldag seker of dit wat ek doen reg is nie, en hier het al bitter baie geleer. Baie dankie, hou asb aan om te doen wat jy doen! Groete, Hanelie

    ReplyDelete
  5. Hi monica. Is dit moontlik as ek vir jou my e pos gee laat jy vir my iets kan stuur om te leer hekel. Ek wil so graag leer hekel. Wil graag self ietsie hekel vir baba wat kom ek vrek oor gehekelde goedjies. Baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anonymous,

      Ek stel voor jy begin met die Granny Square of Oumablokkie wat hier op my blog met duidelike aanwysings uiteengesit is. Indien jy met enige iets sukkel is jy welkom om my te kontak deur jou epos adres te stuur. Besoek die "Kontak My" heel bo by die menu en doen dit daar. Groete, Monica :)

      Delete
  6. Kan iemand my dalk help asb, wat is 'n kruipsteek?

    ReplyDelete
  7. Replies
    1. Daar word vermeerder deur 2 steke in dieselfde steek te werk.

      Hoop dit help. :)

      Delete
  8. Baie dankie vir jou hekelidees in Afrikaans. Ek is net so verslaaf aan hekel en soek gedurig na mooi patrone en idees.

    ReplyDelete
  9. Uitstekende instruksies!! Maklik om te volg!

    ReplyDelete
  10. Baie dankie, moes gou kyk hoe kortbeen gebeur en kan nou hopelik afrikaanse patroon baasraak met jou maklike instruksies. Groete

    ReplyDelete
  11. Monica net een word jy is AWESOME, baie dankie vir hierdie page van jou.

    ReplyDelete
  12. Hoe maak n mens n vierslagsteek in hekel? Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi M, Presies soos die drieslag maar die draad word 4 keer om die hekelpen geslaan. Die stappe is verder presies dieselfde. Die enigste verskil is daar is 'n ekstra draad wat afgewerk moet word wat beteken die vierslag is nog langer as die drieslag. Hoop dit help M.

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica