Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Hoe om 'n randjie om te hekel.

Omgehekelde randjies vir lappies, kombersies, spoegdoekies, waslappe en nog baie meer!






Hier is my tegniek om 'n randjie om te hekel. Dit kan gebruik word op enige materiaal want die basis ry word gedoen deur heel eerste 'n kombers steek om te werk en dan die randjie te hekel. Die kombers steek vertoon mooi en is uitstekend om te gebruik wanneer die materiaal baie dig geweef is en dit moeilik is om 'n hekelpen deurgesteek te kry. 






Ek gebruik Elle Crochet no 5 wat 'n sagte Akriel gare is en 'n 2mm hekelpen. Gebruik 'n skerp naald met 'n lang oog. 'Chenille' naalde is ideaal hiervoor want die gare kan maklik deur die naald se oog gesteek word. 

Hoe om kombers steek te werk.











Eerste ry van randjie.

Heg gare in enige hoek en werk begingroep: [3ks, 2lb,2ks,3lb]
Afhangende van hoe vêr die komberssteke van mekaar lê word nou 1ks of 2ks gemaak. My komberssteke is naby aan mekaar dus het ek net 1ks gebruik. Daar gaan nou 'n langbeen gewerk word in elke lus van die komberssteek en tussen elke langbeen word die aantal kettingsteke gewerk wat nodig is. 
My patroon loop soos volg: Begin groep is gewerk en daarna [1ks,1lb,1ks,1lb] herhaal tot by volgende hoek en werk in hoekspasie [3lb,2ks,3lb]





Tweede ry van randjie: 

Klik  op foto om te vergroot.
Werk 'n begingroep: [3ks,2lb,2ks,3lb]
2ks, slaan 3lb oor, kb in vlg sp, * 2ks, slaan vlg sp oor, 4lb in vlg sp, 2ks, slaan vlg sp oor, kb in vlg sp, * herhaal van * tot * tot by volgende hoek, 2ks, slaan 3lb oor en werk hoekgroep [3lb,2ks,3lb] 

Herhaal die stappe tot einde van rondte en gs in 3e ks. Heg af. 






2 comments:

  1. Ek is besig met n groot projek en moet klomp lappies omhekel. Wat maak jy met die 'stertjies' van die hekeldraad wat oorbly na eerste en laaste steek? Knoop jy dit? Ek soek m netjiese manier om dit stewig weg te steek.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Rhoanda, Ek werk dit net so onopsigtelik en netjies as moontlik weg. Ek los gewoonlik 'n redelike lang "stertjie" sodat dit maklik is om weg te werk. Indien jou lappies some het is dit maklik om in die soom weg te steek andersins moet dit net met netjiese fyn stekies weggewerk word aan die verkeerde kant van werk.

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica