Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel Idees


Hartjie op vierkantige blokkie. 

Gebruik twee kleure katoen of wol en hekel hierdie skaakmat blokkie deur kortbene in rye te hekel en die kleure om te ruil na elke 5e ry. Hierdie blokkie het 20kb en is gedoen in veelvoude van 5 steke. Hekel totdat 20 rye voltooi is en hekel dan 'n randjie van kb rondom. Knip 'n hartjie uit felt en werk met oorhandse steek daarop vas. Baie maklik en effektief. Ideaal vir 'n baba kombersie. Die felt motiewe kan ook afgewissel word met felt blomme of enige ander motief. Gee jou verbeelding vrye teuels! 

 



Kringe in die blom!



Hekel hierdie blom deur 'n sirkel te hekel met 'n dekoratiewe randjie en gebruik glipsteke om die dekoratiewe kringetjies te maak. 

Hierdie blomme is maklik om te maak en kan in 'n verskeidenheid projekte gebruik word. 







Plekmatjies vir bekers of glase.


Nog 'n maklike en vinnige idee. Gebruik katoendraad of dubbeldraad wol en hekel hierdie plekmatjies in 'n japtrap. Houtkrale word in die heel laaste ry ingehekel.





Lekker hekel en wonderlike dag vir julle!

6 comments:

  1. Ag, alles hier is so pragtig. Ek wens ek was so talentvol soos jy, Monica. Baie dankie vir 'n skitterende blog!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir die pragtige kompliment Erica. :)

      Delete
    2. Ai hies sulke mooi goed gan noooooit ophou hekel nie....

      Delete
  2. Hallo Monica. Jou blad is baie volledig en baie leersaam. Ek het myself heeltemal verlustig hierin. Ek kan glad nie hekel nie maar jy het my inspireer en ek gaan beslis dit een van my uitdagings maak. Mag jy hope seen ontvang deur hierdie werk. Hekel-groete (wel nog nie maar verseker binnekort).

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir die pragtige boodskappie Ans, Tot vele toekomstige hekelprojekte! :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica